OFC

OFC
Kenteken van OFC
Kenteken van OFC
Engelse naam Oceania Football Confederation
Vasteland Oseanië
Sportsoorte Sokker
Stigting 1966
Gestig in Auckland, Nieu-Seeland
President Lambert Maltock
Adjunkpresident Rajesh Patel
Sambreelorganisasie FIFA
Setel Auckland, Nieu-Seeland
Lede 13
Amptelike tale Engels
Amptelike webwerf oceaniafootball.com

OFC is die Oseaniese Sokkerkonfederasie (Engels: Oceania Football Confederation). OFC is een van FIFA se ses kontinentale konfederasies. Die konfederasie is op 15 November 1966 gestig en hulle hoofkantoor is in Auckland, Nieu-Seeland, geleë. Die amptelike taal is Engels en sedert 2011 is David Chung die president van die OFC.

Lidlande is: Papoea-Nieu-Guinee, Nieu-Seeland, eilandstate soos Tonga en Fidji asook ander Pasifiese eilande. Geassosieerde lande is Kiribati, Niue en Tuvalu. Australië breek op 1 Januarie 2006 weg en sluit by AFC (die Asiatiese Sokkerkonfederasie) aan. Nieu-Seeland was tot 1964 lid van die AFC, maar het in 1966 stigtingslid van die OFC geword. Verdere voormalige lede is die Noordelike Mariana-eilande en die Republiek China, wat albei by die AFC aangesluit het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy